Wen met SLIM!
8 – 12 Desember 2025
SLIM – Speel en Lees vir Intelligente Maatjies – bring vir jou ’n wêreld vol opvoedkundige speelgoed en Afrikaanse boeke, alles net ’n kliek weg!
Daar is baie winkels wat opvoedkundige speelgoed en boeke verkoop – maar SLIM het ’n groot leemte in die mark raakgesien: Afrikaanse kinders!
Die webblad bied ook slim filters wat jou help om presies die regte produk te kies vir jou kind:
Ouderdom: 0–3, 3–6, 6–9, 9+
Produk:
- Boek: Fiksie, feite, aktiwiteite
- Speelding: Buitespel, fantasie, kuns en handwerk, tafel-aktiwiteite
- Vaardighede: kreatiwiteit, emosies, fyn-/grootmotories, oog-hand-koördinasie, humor, inligting, taal, lateraliteit, luister, wiskunde, morele lesse, penbeheer, lees, redenasie, sensories, spelling, visuele persepsie, woordeskat, ouditiewe persepsie
- Prysklas: R0–100, R100–200, R200–300, R400+
Dit is die perfekte Kersgeskenk! SLIM help jou om slim te koop met feestydse spesiale aanbiedinge – 10% afslag op aankope bo R1 000 en 20% afslag op aankope bo R2 500. Maklik, lekker en net betyds vir die feestyd!
Om ‘n kans te staan om ’n SLIM-geskenkbewys van R2 500 te wen, beantwoord hierdie vraag:
In watter taal is meeste van die SLIM-boeke?
B’s en V’s geld.
